Van die oudste.
Aan die uiterverkore vrou en aan haar kinders. Ek het julle waarlik lief, en nie ek alleen nie maar ook almal wat die waarheid ken, 02omdat die waarheid in ons bly en ewig by ons sal wees.
03Die genade, barmhartigheid en vrede wat van God die Vader kom en van Jesus Christus, Die Seun van die Vader, sal by ons wees wat in die waarheid en die liefde is.
04Ek was baie bly toe ek van jou kinders teëgekom het wat in ooreenstemming met die waarheid lewe, volgens die gebod wat ons van die Vader ontvang het. 05En nou het ek 'n versoek, geagte vrou. Dit is nie iets nuuts wat ek vir julle voorskrywe nie, maar 'n gebod wat ons van die begin af gehad het: Ons moet mekaar liefhê. 06En liefde beteken dat ons volgens die gebooie van God lewe. Soos julle van die begin af gehoor het, is dit sy gebod dat julle in liefde moet lewe.
07Daar het baie misleiers te voorskyn gekom in die wêreld. Hulle erken nie dat Jesus die Christus is wat mens geword het nie. Dit is wat ek met die "die misleier", "die antichris", bedoel. 08Julle moet toesien dat julle nie verloor wat ons voor gewerk het nie, maar dat julle die volle loon ontvang. 09Elkeen wat nie by die leer oor Christus bly nie, maar daaraan verander, erken God nie. Wie in dié leer bly erken sowel die Vader as die Seun.
10As daar iemand na julle toe kom wat 'n ander leer bring, moet julle hom nie in julle huise ontvang nie en hom selfs nie groet nie, 11want wie hom groet, is saam skuldig aan die kwaad wat hy doen.
12Daar is nog baie dinge om vir julle te sê. Ek wil dit egter nie skriftelik doen nie, maar hoop om na julle toe te kom en persoonlik met julle te praat, sodat ons blydskap volkome kan wees.
13Die kinders van jou uiterverkore suster stuur vir jou groete.